Ons bou die soort leer wat ons vir ons eie kinders wou hê - in hul eie taal, vol avontuur, en met 'n doel wat verder strek as net die skool.
Daar is min opvoedkundige inhoud vir jong Suid-Afrikaanse kinders in Afrikaans wat werklik interaktief is - waar die kind kies, bou en deel word van die storie. Die meeste apps is óf net 'n video, óf net 'n werkkaart op 'n skerm. Ons wou iets hê wat voel soos speel, maar werk soos leer.
Ons glo kinders leer die beste wanneer hulle self keuses maak en die gevolge sien. Daarom is elke storieboek keuse-gedrewe: die kind se besluite stuur die avontuur, en elke oefening voel soos deel van die spel eerder as 'n toets.
Ons glo ook dat leer nie by een onderwerp stop nie. Vandag is dit storieboeke, wiskunde-speletjies en die Kruis-Krag Avontuur; môre is dit entrepreneurskap, karton-ingenieurswese, en enige vaardigheid wat 'n kind help om 'n selfversekerde, vindingryke mens te word. Dít is wat "Future Founders" beteken - ons bou nie net lesers nie, ons bou stigters.
Future Founders vervang nie die skool nie - dit werk saam met die skool. Elke storieboek, speletjie en oefening sluit aan by die CAPS-kurrikulum, sodat wat 'n kind by die huis of in die klas op die platform doen, versterk wat die onderwyser reeds onderrig. So vorm ons leerders tot toekomstige stigters: nuuskierig, vindingryk en dapper genoeg om iets nuuts te bou.
Kinders se veiligheid kom eerste. Jou kind se naam, held en vordering bly op julle eie toestel - ons stoor dit nie op ons bedieners nie. Daar is geen advertensies in die app nie, en ons bemark nooit direk aan kinders nie. Net 'n ouer of onderwyser skep 'n rekening en beheer die intekening.
Future Founders is 'n plaaslike besigheid, gebou vir plaaslike gesinne en skole. Ons inhoud is gekoppel aan die CAPS-kurrikulum. Ons bou in Afrikaans, met reeds 'n paar Engelse storieboeke vir Eerste Addisionele Taal.